Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
The cart is empty
(044) 690 3957
081 310 3024 (C/o Sign-iT)

Pelindaba Protokol deur Wynand du Toit ISBN-978-1-928434-81-8

pelindaba2x

Allahs Breath… In 1991 rapporteer doctor Joseph Opperman aan staatspresident FW de Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is.

Vyf-en-twintig jaar later word Opperman wreed vermoor. Die gru-moord plaas die ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol. Johannes Moller en Aleana Opperman, beide agente van verskillende inligtings organisasies, smee kragte saam met adjudant Jabu Mkize van die Valke in ‘n wedloop om die bes bewaarde geheim in Suid-Afrika te ontrafel.

Die bloedspoor van die Jihadiste lei hulle in ‘n verbete stryd om te verhoed dat die geheim van die Protokol in die hande van ekstremiste val. Inam Ul Haq, leier van die ekstremistiese groep Al’ aswad al’ Afriqiu, is toenemend vasbeslote om die gehate infidel te vernietig in die heilige oorlog in Siri ë en Irak.

Vanuit Istanbul tot die Kalahari, oor Rottnest eiland in Australië tot ‘n skeepsvraghouer vol ivoor in Maputo, beloof die spanningsverhaal om die leser te bind, van begin tot einde.